Moeder Teresa

Moeder Teresa
Moeder Teresa by 'n anti-aborsiekonferensie in 1986 in Bonn, Wes-Duitsland
Gebore
Anjezë Gonxhe Bojaxhiu

26 Augustus 1910
Sterf5 September 1997
NasionaliteitVlag van Ottomaanse Ryk Ottomaanse Ryk (1910–1912)
Vlag van Serwië Serwië (1912–1915)
Vlag van Bulgarye Bulgarye (1915–1918)
Vlag van Joego-Slawië Joego-Slawië (1918–1948)
Vlag van Indië Indië (1948–1997)
Vlag van Albanië Albanië (1991–1997)
TitelAlgemene owerste
Termyn1950–1997
OpvolgerNirmala Joshi, M.C.

Luafout in Module:Check_for_unknown_parameters op reël 93: attempt to call field '_warning' (a nil value)

Sint Teresa van Kalkutta van die Sendelinge van Liefdadigheid
Heilige
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk (Indië)
Saligverklaring 19 Oktober 2003, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Johannes Paulus II
Heiligverklaring 4 September 2016, Sint Pietersplein, Vatikaanstad deur Pous Franciskus
Pelgrimsoord Moederhuis van die Sendelinge van Liefdadigheid van Kalkutta, Wes-Bengale, Indië
Feesdag 5 September
Attribute Non se gewoonte, rosekrans
Beskermheilige Wêreldjeugdag, die Sendelinge van Liefdadigheid

Moeder Teresa was 'n Rooms-Katolieke non wat bekend was vir haar betrokkenheid by die armes en straatmense van Kalkutta in Indië, asook vir haar kontroversiële nalatenskap wat die vraagstukke van aborsie en antikonsepsie betref. Sy het haar omstrede uitlatings en twyfelagtige dade in die naam van die Christelike god en van liefdadigheid, en met ondersteuning van die Rooms-Katolieke Kerk en dikwels kontroversiële politieke figure, die lig laat sien. Ten spyte hiervan het sy 'n geweldig gewilde persona geskep en onderhou en het haar liefdadigheidsstigting, die Sendelinge van Liefdadigheid, vandag meer as 570 sendingstasies wêreldwyd met ongeveer 4 000 nonne, 'n sogenoemde broederskap met 300 lede en meer as 100 000 lekevrywilligers. Hulle bestuur vandag steeds die omstrede tuistes vir vigs, melaats- en tuberkulosepasiënte en bestuur skole, kinderhuise en sopkombuise wat meer as 500 000 gesinne per jaar voed.

Moeder Teresa het baie toekennings ontvang, waaronder die Nobelprys vir Vrede in 1979.[1] In 1996 het sy die vierde persoon in die wêreld geword wat die ereburgerskap van die Verenigde State ontvang het.

Op 15 Maart 2016 het die hoof van die Rooms-Katolieke Kerk, pous Franciscus, aangekondig dat Moeder Teresa op 4 September 'n heilige van die Kerk gemaak sou word. Die Kerk beskryf heiliges as mense wat heilig genoeg geleef het om nou in die hemel te wees. Twee wonderwerke, altwee die genesing van siekes, word aan Moeder Teresa toegeskryf.

  1. "The Nobel Peace Prize 1979" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Augustus 2018. Besoek op 6 Oktober 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne